Вход на сайт

Просмотр новости

Найдите то, что Вас интересует

2026 OTW Verkiesingstydlyn en Lidmaatskapsperdatum

Дата публикации: 21-05-2026 17:15:12

Die OTW Verkiesingskomitee is bly om aan te kondig dat die tydlyn vir die 2026-verkiesing van nuwe lede vir die Raad van Direkteure geplaas is! Hierdie jaar se verkiesing sal op 14-17 Augustus gehou word. Dit beteken dat die sperdatum vir personeel om hul kandidaatskap te verklaar 19 Junie is. Soos gewoonlik is die verkiesing se lidmaadskapsperdatum 30 Junie. Indien jy belangstel daarin om te stem, maak asseblief seker dat jou lidmaatskap aktief is teen daardie datum. Jou donasie se kwitansie word volgens Gekoördineerde Universele Tyd (UTC) gedateer, so jy sal nie stemgeregtig wees indien jou donasie ná 30 Junie UTC op die kwitansie gelys... Read more

Основное содержимое страницы с новостью.

OTW Verkiesingsnuus

Die OTW Verkiesingskomitee is bly om aan te kondig dat die tydlyn vir die 2026-verkiesing van nuwe lede vir die Raad van Direkteure geplaas is!

Hierdie jaar se verkiesing sal op 14-17 Augustus gehou word. Dit beteken dat die sperdatum vir personeel om hul kandidaatskap te verklaar 19 Junie is.

Soos gewoonlik is die verkiesing se lidmaadskapsperdatum 30 Junie. Indien jy belangstel daarin om te stem, maak asseblief seker dat jou lidmaatskap aktief is teen daardie datum. Jou donasie se kwitansie word volgens Gekoördineerde Universele Tyd (UTC) gedateer, so jy sal nie stemgeregtig wees indien jou donasie ná 30 Junie UTC op die kwitansie gelys word nie. Indien jy onseker is of jou donasie voor die sperdatum gemaak is, kontak asseblief ons Ontwikkeling en Lidmaatskapkomitee deur die kontakvorm op ons webtuiste te gebruik en “Is my lidmaatskap aktief/Is ek stemgeregtig?” te kies.

Jy kan uitvind hoe om ‘n lid te word op die Verkiesingswebtuiste. Indien jy vertroud is met die proses, kan jy hier ‘n donasie maak!

Indien jy meer wil weet oor die verkiesingsproses oor die algemeen, kan jy na die Verkiesingsbeleide kyk.

Ons sien uit na ‘n aktiewe verkiesingseisoen met heelwat kommunikasie tussen kandidate en stemgeregtiges, en ons hoop dat jy deel sal wees hiervan. Moenie vergeet om die Verkiesingskomitee op Bluesky en Tumblr te volg om op datum te bly met die jongste nuus nie!

Indien jy enige vrae of kommentaar het, moenie huiwer om die Verkiesingskomitee te kontak nie.


Die OTW (Organisasie vir Transformerende Werke) is die nie-winsgewende ouer-organisasie van verskeie projekte, insluitend AO3, Fanlore, Oop Deure, TWC, en OTW Regsvoorspraak. Ons is ‘n fan-bestuurde, volledig donasie-afhanklike organisasie beman deur vrywilligers. Vir meer inligting, besoek gerus die OTW webtuiste. Om meer te leer oor ons span van vrywillige vertalers, wat hierdie nuusberig vertaal het, besoek die Vertalingsblad.

Схожие новости

#Наименование новостиТональностьИнформативностьДата публикации
1OTW Board Meeting, August 1, 202606.618-07-2026
2OTW Signal, July 2026010.5528-07-2026
3All of Africa Today - June 24, 20260024-06-2026
4קריקטורה יומית | 12 ביולי 20260011-07-2026
5Letters to The Editor — June 2, 20260001-06-2026
6All of Africa Today - June 30, 20260030-06-2026
7קריקטורה יומית | 14 ביולי 20260013-07-2026
8Выпускі аблігацый, якія знаходзяцца ў звароце па стане на 1 чэрвеня 2026 г.0509-06-2026
9Заседание Ученого совета0126-05-2026

Классификация: Информация. Схожих патентов: 0. Схожих новостей: 9. Тональность: 0. Информативность: 7.34. Источник: www.transformativeworks.org.